Wednesday, October 11, 2006

"Hy's net 'n dronk pampoen......"


Ai, wassit nie lekker omme slag biejie laaif Karrie Kap rugby te kykkie!!! Ek en Vlammie was behoorlik opgesaaik, en opgewonne!! Klokslag 01h30 Sondagoggend skakel Sky se Rugby Channel mos toe oor Moftus Versfeld toe.. Laf-lie blue skies wat ons begroet, mette volgepakte stadion!! AAah, rugby-voetbal innie Republiek.... Good times!!
Dit het egter net 5 sekondes geduur om my te laat besef hoekom ek gewoonlik spuitpoep ontwikkel as jy die woorde "blou" en "bul" mix innie selle sentence....
First up was Pretoria se trots: the one, the only - Steve Dofmeyer!!!!!! "Daarsy, lekker....mense!! Sing saam, julle almal ken hierdie ene!" begin hy... Net jammer Stevie het nie besluit om liefs te "mime" terwyl sy "The best of" cd oorie luidsprekers blêr nie! Steve, so bietjie advies: AS jy weer 'n gig by Loftus kry (en let's face it, hy SAL, want daar's niemand anners wat verniet daar wil optree nie!!!!), ennie Red Hearts is oppie huis, moet jy net pace ou grote!! Help nie jy vergryp jouself aanie free alkoholiese nibbles nie! Die eindresultaat sal weer net presies dieselle wees as laas Saterrag: Jy wat vals en vannie beat af traai karaoke op jou eie faktap song, net om innie middel va jou effort te besef dis ma beter om eerder te mime!!! (use it, don't use it....)

Maar: volpunte aanie Blou Bul rugby-unie!! Ek kannie sê dit was nie entertaining nie. Ook, die "personal touch", om Steve se naam op sy trui te sit... How original and innovating!!!! Dit het seker gehelp later die aand toe ou Steve nie meer in staat was om sy naam te kan onthou nie.....

But, after all was daar actually rugby gespeel Saterragmirrag op Moftus! Ek hoor sommige Province supporters is unhappy met Marius Jonker se hantering vannie game... "Waar wassie geel kaarte virrie Bulle se repeated offenders?"... "Hoeveel keer het hy hulle nie gewaarsku nie?" Kom nou ouens, moenie so ongevoelig wees nie!!! Dalk het Gary en co bloot nie verstaan wat hy bedoel het nie! Ek meen, Gary het sy victory speech in Afrikaans gedoen na die tyd, so dalk verstaan hy/hulle nie die Engels so lekker nie....

Maar, ons moet seker congrats sê virrie Bulle.... Die beter span het gewen oppie dag... (oukei, sal weer innie stort huil vanaand oor daai comment...)

So, dit bring ons by komende Saterrag se finaal: Dit kom nou seker as 'n massive shock vi julle almal, maar ek hoop die Cheetahs trek hom deur!! Of dit egter moontlik gaan wees, weet ek nie so lekker nie....

But, for what it's worth: Prooooooooooooooovince!! Die Karrie Kap kom weeeee!