Tuesday, November 14, 2006

Ek het julle nou genoeg gedra....

Oy, Jake!

Don't worry: Ek gaanie soosie res va hulle vinger wys oor julle defense laas naweek nie.... Want, let's face it: da WASSIE FAKKA defense nie!!!

Maar, ek's seker weer te taf op julle... Of course is daar "a lot of positves we can take from this defeat"..... 2 jaar terug het julle naelskraap verloor teenie Paddies, hierrie keer is ons behoorlik afgeransel! Ten minste kan niemand sê Bok rugby stagneer nie...

Ek wonner maar net WAT presies julle gedoen het op daai "oefenkamp" nourriedag? Jy weet, die een na die Tri Nations.. As ek julle nou moet judge na Saterrag se fiasko, glo ek egter nie daar's veel rugby gepraat op daai kamp nie.... Nee wat: glo eerder Habana en Jeanius het ure oppie internet spandeer om te check wa die hot spots in Parys, Nice of Biarritz is om uit te hang vlge jaar innie World Cup, i.p.v om te worry oor verdedigingslyne, etc, etc....

Ten minste het Ricky Januarie daai ekstra spietkopklasse waarop jy hom gestuur het, ernstig opgeneem!! Kyk, hy kan darem nou vi jou behoorlik waai met sy arms om vi sy forwards (ennie opposition for that matter...) te beduie wa presies die bal lê... Dis tog vi my net so hartseer da was omtrent nooit 'n voorspeler in sig wat hom ko help ommie rucks skoon te maak nie.... Nee: jy glo mos net in ball carrying losvoorspelers!! Die val toe behoorlik oor mekaar se voete, om betyds terug te wees, ommie " bal te dra" vi jou.... Die gevolg is/was dan 'n turnover, of super starrige bal vi ons backs.....Note to Joke: Jy kannie 'n ball carrier wees sonner die ball in jou hanne nie, jou doo$"......

Ma' oukei, genoeg gegil oor die Ierland toets..... Wat help dit ook ek raas? Jy mosse eks-onnerwyser, en julle's mos nooit verkeerd nie.....

Komende Saterrag issit wee julle ennie Twickenham-faktor... Al wat ek ka sê is "STERKTE". Argentinië het jou ookie juis favours gedoen met hulle upset victory nie... Ek's ma' net bly ek's nie mee in London nie.... Cabbage Patch en Rugby Tavern da naby Twickenham sou weer baie bier aan my moes verkoop het ommie pyn minner te maak... En, text my ma' die score, want ek gaan ook nie moeite doen om op te staan virrie toets nie.... (jaaa, jy't reg gehoor, ou Joke...)

Ek sluit af met 'n paar van my gunsteling Jake'isms hierrie week:
"Brian only had 5 days to settle into the squad"....... mmmmmmmm..... snaaks hoe 'n speler wat al 2 jaar lank deel vannie set up is, nie genoeg tyd gehad het nie.... Ironies genoeg het Argentinië net 4 dae se voorbereiding nodig gehad om vi Engeland op te neuk....
"We're lacking height in the back 3"......... beteken dit ons gaan vi Johan Ackermann dalk op fullback sien hierrie week? Nee, dis absurd: dit sal beteken jy kies 'n speler uit posisie.....
"We're working towards winning the World Cup next year"....... ooops, dit wassie jy nie, dit was Graham Henry wat dit gesê het....

tjars
Big Pik