Wednesday, February 28, 2007

Dear Daairie......

Kobus vanne Merwe - a.k.a "Super Coach":
Dear Daairie,
Ek's effe bekommerd vandag.. Vroulief het laat weet die videomasjien het gisteraand gebreek, en sy weetie of sy hierrie Sondag die 7de Laan omnibus vir my kan tape nie. Agge nee!! Ek kan mos onmoontlik nie my gunsteling program mis nie!! Maar nou ja..... "always look at the bright side, i suppose...." Dis seker darem ook nie die einde vannie wêreld nie... Ek meen, ek kon 'n mislukking as 'n coach gewees het, met 'n misrabele rekord soos 4 uit 17....

Bolla "pass the dutchie" Conradie
Dear Daairie,
Coach sê "express yourself", en ons moet net aanhou ons natural game speel op hierrie toer. So, dalk kan ons hierrie naweek my dubbel-trippel-dissie-juis-vi-iemand-in-besonder-nie skiep pass probeer!! Ek werk al lank aan daai ene! Oooh, as hy actually gaan afkom, gaan dit seriously spectacular lyk.....
Jean "butterfingers" de Villiers
Dear Daairie,
Vandag was baie tough... Nie net het ek 'n "bad hairday" gehad nie, coach het my ook nog 14h00 laat opstaan om te rapporteer by die oefenveld.. Ek moet sê, ek het eers gedink hy joke met my!! I mean, come on!! Ek's 'n Springbok!!! Vi wat moet ek my tyd mors met oefeninge??? Maar, nou ja..... Ek het toe maar op die ou einde besluit om te gaan. Bolla het hierrie hiper cool skiep move aan ons verduidelik wat ons beslis die naweek wil probeer... Maar, ag wat... Dalk het ons dit nie eers nodig nie, ek hoef dalk net weer 'n onnerskep drie te druk....